toorkombuis: weg met die Sondag-blues
Home
Photos
Favourites
Help
Search
Raai wie?
BlogID:
kokkedoor
Occupation:
My passie is nou my werk -- ek kook en kook en kook!!!
Location:
Kaapstad, South Africa
View Profile Details
OP VERSOEK
Vra my vir enige resep
epos karenh@mweb.co.za of vir 'n vinniger reaksie by khart@media24.co.za
woordelys
wonderpeper - allspice
neut (muskaat) - nutmeg
foelie - mace
esdoringstroop - maple syrup
pimperneute -- pistachio
bosbessie -- cranberry
Uit my argiewe
Suurlemoen-en-roosmarynkoek
'n Heerlike stroperige koek, die ideale nagereg om 'n maaltyd af te rond
Die lekkerste bobotie
Hierdie resep is Cass Abrahams s'n -- lekkerder kry jy nie
Pampoenkoekies teen die wintergrou
tradisionele lekkerte as bykos of as nagereg
Warm sjokolade vir koue wintersaande
Hierdie heerlike wintersdrankie kom so reg uit die rolprent Chocolat
Karringmelk-plaatkoekies met gerookte snoek
Hierdie is 'n ontbytdis met 'n verskil. Of dit kan ook as elegante voorgereg opgedis word
Hoenderfrikkadelle
Piekniekkos uit die boonste rakke. Of sommer net 'n lekker alternatief vir rooivleis
Viskoekies
Lekker vir 'n ligte aandete of selfs ontbyt
Vinnige varktjoppies
Dis die ideale aandete wanneer jy nie baie tyd het of te moeg is om baie tyd in die kombuis deur te bring
Kapokaartappels
Of dit nou Kreef-en-kapok of doodgewone mêsh is, dit bly die lekkerste lekker wat daar is
Patat-en-tiemiesop
Marlene van der Westhuizen se sopjuweel uit haar Delectable
Kerrie-eiers
'n Regte trooskombersie
Coq au vin
Met hierdie hoender in rooiwyn slaan jy die winter 'n kishou
Franse pofomelet met preie, uie en salotte
'n Baie spesiale bederf
Mieliekoekies
Toorkos!
Dekadente macaroni-en-kaas
Ryk en lekker!
Bonesop vir die ver verlange
Wie kan koud kry as die magie so lekker warm voel?
Denningvleis
Maleise bredie vir 'n stadige kook en lang lekkerte
Vetkoek
Vrolike vetkoekies vir 'n veerligte vroegdag
uie-marmelade
Vergeet van miesies Ball's. Hierdie is die lekkerste kondiment wat daar is.
korslose melktert
'n Lekker soetigheidjie vir teetyd of die perfekte afronding vir 'n heerlike maaltyd
Fluweelpoeding
Miesies Div se troospoeding om die koue winterweer te verdryf
sjerriehoender
Sannie Smit se sjerriehoender sal selfs rooivleiseters met 'n suggie van tevredenheid laat terugsit
moussaka
Deel die mooiste herinneringe rondom hierdie bak Griekse maalvleisgenot
caesar-slaai vir die bederf
'n Klassieke meesterstuk
Glühwein
Salige warmte voor die kaggelvuur
waterblommetjiebredie
balsem-kopiva vir die siel
sampioen-en-sjokoladesop
'n Ongewone kombinasie vir die allerheerlikste bederf
Pannekoek
Lochner de Kock se pannekoekresep uit Kok in die Sop
Vispastei
Hemelse bederfkos
Knoffelhoender
'n Kiep wat jou asem wegslaan
Tuisgemaakte tamatiesous
'n Pastasous wat 'n Italianer na sy ma sal laat verlang
Murgpampoentjie-frittata
Ideaal vir 'n ligte middagete
hoender gemarineer in mangoblatjang en jogurt
Moeitelose lekkerte
Dronkmansbroodjie
Laatnag-bederfie vir langasems
Hoendertoebroodjies
Die lekkerste piekniekbroodjies
Rykmansroereier vir die Sondagaand-blues
Roereier met salm en roomkaas
Pampoenbredie
Vergeet van die sprokie -- hierdie is suiwer aardse genot
Heel lamskenkels met knoffel en tiemie
Koningskos uit die eenvoud
Panzanella
'n Smullekker Italiaanse slaai van oorskietbrood
Griekse pistachio-neut koekies
Bak hierdie koekies as 'n geskenk of hou dit vir 'n stukkie lekkerte saam met jou espresso
aarbeikaaskoek
soete, somerse verleiding
My Skatkis van Boeke
Halleluja! The Welcome Table deur Maya Angelou
Heerlike herinneringe en knusse kombuisstories met ou familieresepte uit die ou suide van Amerika. En met die hemelse titel, skryf die vrou boonop soos 'n engel. Haal maar die tissues uit.
Made in Italy: Food and Stories deur Giorgio Locatelli
'n Plat-op-die-aarde benadering tot top-gehalte Italiaanse restaurantkosse en 'n reis deur die lewe van die flambojante Michelin-ster kok. Bietjie duur, maar dis die prys vir 'n lewenslange vriendskap
Good Food deur Anneka Manning
Anneka kook volgens die seisoene en haar resepte is bedrieglik eenvoudig maar elkeen 'n smaakontploffing. Die vrou behandel haar bestanddele met deernis en respek.
Crazy Water and Pickled Lemons deur Diana Henry
Hierdie skrywer verstaan die kuns om uit die eenvoudigste bestanddele die mees eksotiese disse op te tower en die leser op 'n verbeeldingreis na iets soos die Arabiese nagte te neem.
Die Lekkerste Lekker deur Kerneels Breytenbach
Wonderlike kosstories en lekker huiskos uit die kombuise van ou vriende en kennisse. Dis soos om by 'n skoongeskropte outydse kombuistafel met pelle oor kos te praat.
Good Housekeeping All New Cookbook
'n Wonderlik inspirasie vir die avontuurlustige kok. Tradisionele resepte met 'n interessante kinkel.
Kombuis deur Sonia Cabano
Van deftige onthaalresepte tot eenvoudige blitsdisse... Hierdie heerlike resepteboek is sonder fieterjasies, in die wonderlikste Afrikaans en propvol waardevolle wenke.
Storieboek
Kaaskoek vir die hart wat rou
My pa se dood was vir my een van die mees traumatiese gebeurtenisse in my lewe
Nie almal is lief vir kook nie
Nuwe hoop vir die kanniekokers
Mislike Miranda se blêddie lekker steak
In The Devil Wears Prada beland die perfekte steak in die asblik
spinasieslaai om van te bloos
'n Kosgier kan jou in die verleentheid laat beland
'n Laaste maal
Gestel jy kon kies wat jou laaste maaltyd sou wees . . .
Juffrou Berta se boeke
'n Kosbare geskenk van iemand baie spesiaal
Lesse uit die kookkanaal
Ons het te min waardering vir die gewone kok, die vrou wat moeg gewerk saans nog haar huismense moet voed
Private bin
"Bullshit baffles brains!"
Kombuisverse
Liefdesdoepa uit die spens
Taal van die hart
Last updated
-
johnnash
-
Grappies op 'n Stokkie
-
We didn't see an obvious connection eithe
-
Following & Leading in SA
-
nikefreeshoes
-
love calculator
-
nikeshoxuk
-
DreamCatcher
-
七堇年华
-
Juan Melvin
-
luccy
-
cheapjacketsuk
-
Op vlerke van engele
-
wedding dresses
-
True Religion Brand Jeans and True Religion Jeans Outlet
This blog has been read 138,324 times
skakels
Gedenkmuur vir Dirk
'n Huldeblyk aan die Groot Gryse
Main Ingredient
die kuberwinkel vir mense wat ernstig oor kos is
Sepiesterkookboek
Album:
sepiesterkookboek
Blog Album
Full View
TOORKOMBUIS OP TV
Recipes available in English (click here)
My Engelse blog
Roer 18 Augustus
Ek kook saam met Tammy-Anne Fortuin
All Access 3 September
onderhoud met Mark Bayly
kuier op pasella
Ek kook saam met Vicky Davis
Uit my kombuis
Syndication
Statistics
Entries (381)
Comments (2009)
Weg met die Sondag-blues
Ek hou daarvan om op my eie te wees, maar Sondae raak dit vir my net ‘n bietjie te veel. Van kleins af was dit nou nie juis ‘n dag waarna ek uitgesien het nie. Ek het nou al maniere gekry om die dag beter te maak en te keer dat ek iewers in ‘n hoekie sit en my polse afkou.
Daar is die geselsies met mnr die Hoofbestuurder, lekker, ja, maar dit maak die verlange net groter. Verlede Sondag het ek ingespring en in die tuin gewerk – klaar ‘n verbetering aan my gemoedstoestand en die tuin. En hierdie Sondag het ek ‘n heerlike Italiaanse lemoen-en-olyfoliekoek met dennepitte gebak. Die hele huis het hemels geruik.
Dit was asof die koek betowering aan die dag verleen het. Sout-en-peperpotjie laat weet hulle is op pad – het ek vir hulle tee? Dit word toe ‘n heerlike kuiertjie met diep dinge gesels. En natuurlik koek en tee.
Kort daarna lui my deurklokkie weer – buurvrou Noeline wat vir my al die pad van die plaas in Stanford regte, egte koeimelk en waterblommetjies uit ‘n lopende rivier bring. Weer word die teekoppies en koekbordjies uitgehaal.
En voor ek my oë kan uitvee, is die Sondag verby.
Jy het nodig
4 eiers, geskei
1 teelepel vanielje-ekstrak
1⅓ koppie strooisuiker
¼ koppie ligte bruinsuiker
200 ml olyfolie
3⅓ koppies koekmeelblom
1 opgehoopte teelepel bakpoeier
Gerasperde skil van 1 lemoen
1 koppie vars uitgedrukte lemoensap
⅓ koppie dennepitte
So maak mens
Smeer twee 22 cm losboomkoekpanne met olyfolie en sprinkel meel. Skud die pannetjies sodat die meel oral bedek en raak ontslae van die oortollige meel. Klits die eiergeleen die vanielje-ekstrak saam totdat die mengsel lig en skuimerig is. Klits die strooisuiker en bruinsuiker by, voeg dan die olyfolie bietjie-vir-bietjie by en meng goed na elke byvoeging. Voeg die koekmeelblom, bakpoeier, lemoenskil en –sap by en klits goed totdat jy ‘n gladde deegmengsel het. Klits die eierwitte styf en vou in die deegmengsel in. Verdeel die deegmengsel tussen die twee panne en sprinkel die dennepitte bo-oor. Bak in ‘n voorverhitte oond van 180˚C vir ongeveer 30 - 35 minute of totdat die koek goudbruin is en ‘n toetspen of tandestokkie skoon uitkom wanneer jy dit in die middel indruk. Laat heeltemal afkoel voordat jy dit bedien. Die koek hou maklik 4 – 5 dae in ‘n lugdigte houer.
Dis die wonderlikste geure wat in jou huis hang – lemoen en geroosterde dennepitte. En dis die lekkerste lekker saam met ‘n koppie goeie koffie. Genoeg om die Sondag-blues te verdryf . . .
Monday October 3 2011 09:21 AM
|
Comments (8)
Klein korreltjies genot
Hier in die bodorp van Woodstock is die ruite van van drieuur af opgewasem – ek bak rysmuffins, 200 van hulle. Klein Cleo het my net een kyk gegee en weer terug in die bed gaan klim.
Dis darem nie net omdat die bevlieging my gepak het nie, dis op bestelling. En ek wou vroeg klaarmaak sodat ek darem nog kans kry om met mnr die hoofbestuurder te gesels voor die dag my inhaal.
Rys-muffins
170 g (300 ml) koekmeelblom
170 g (300 ml) volkoringmeel
300 ml gaar rys
50 ml sultanas
50 ml suiker
22,5 ml bakpoeier
3 ml sout
375 ml (1½ koppies) melk
3 eiers
150 ml gesmelte botter
Plaas die droë bestanddele in ‘n groterige mengbak en meng goed. Maak ‘n gaatjie in die middel. Klits die eiers en melk saam en gooi dit saam met die gesmelte botter in die holtetjie van die droë bestanddele. Meng tot net-net gemeng. (Onthou: Te veel roer is muffin se dood!) Smeer die bakkies van ‘n 12-gat muffinpannetjie (jy kan maklik 36 mini-muffins uit die resep haal) met botter en onthou om rondom die randies ook te smeer. Skep die mengsel in die bakkies en bak vir 25 minute in ‘n voorafverhitte oond van 200˚C. Haal dadelik op ‘n draadrak uit en laat heeltemal afkoel.
WENK: As jy nie oorskietrys het nie -- 100 ml rou rys lewer 300 ml gaar rys.
Friday September 30 2011 07:56 AM
|
Comments (2)
skattejag
"Cookbooks hit you where you live. You want comfort; you want security; you want food; you want to not be hungry; and not only do you want those basic things fixed, you want it done in a really nice, gentle way that makes you feel loved. That's a big desire, and cookbooks say to the person who's reading them, 'If you will read me, you will be able to do this for yourself and for others. You will make everybody feel better." --Laurie Colwin
Thursday September 29 2011 06:27 AM
|
Comments (8)
suur saam met die lenteson
Hier in Cecil John se laan het die lentekoors behoorlik toegeslaan. My hele tuin staan in blom -- clivias, kappertjies, trompette, jasmyn, verbleikblom . . . tot my salie spog met pers trossies!
Ek en klein Cleo gaan vir kort wandelinge in die tuin, sit op die muurtjie by die fonteintjie en kyk hoe die nuwe kruieplantjies in die blombakke vaar. Ek dink ver en sy soek met haar ogies straat af waar die ander katte skuil.
Hierdie skielike sonskynweer het my vroegoggend geïnspireer om hierdie nuwe resep vir suurlemoenmeringuetertjies te probeer. Dis so ‘n bietjie anders as die een waaraan ek gewoond is en die vulsel gee jou kiewe nogal so ‘n skokkie met die suur van etlike suurlemoene.
Jy het nodig
Vir die kors
2¾ koppie koekmeelblom
⅓ koppie versiersuiker
Knippie sout
175 g botter, verkil en in blokkies gesny
1 eiergeel
3 -4 eetlepels yswater
Vir die vulsel
400 ml suurlemoensap
Gerasperde skil van 1 lemoen
½ koppie mielieblom (Maizena)
1 koppie water
4 eiergele
1⅓ koppie strooisuiker
Vir die meringue
4 eierwitte
1 opgehoopte koppie strooisuiker
So maak mens
Sif die koekmeelblom, versiersuiker en knippie sout saam. Vryf die botter in die droë mengsel totdat dit soos growwe mieliemeel lyk. Voeg die eiergeel by en dan die yswater lepel vir lepel totdat jy ‘n hanteerbare deeg kan vorm. Draai dit toe in kleefplastiek en laat 15 minute in die yskas rus. Verdeel die deeg in 10 ewegroot balletjies en rool balletjie vir balletjie uit om 10 losboompannetjies van 7,5 cm te voer, Die deeg moet omtrent so dik soos ‘n muntstuk se kantjie wees. Sit ‘n stukkie bakpapier bo-op elkeen en bedek met gewone of keramiekboontjies. Verkil weer vir 15 minute voordat jy dit in ‘n voorverhitte oond van 200˚C vir 10 – 12 minute bak. Verwyder die bakpapier met die boontjies en bak ‘n verdere 4 – 5 minute so oop en onbedek. Hou eenkant terwyl jy die vulsel maak. Goet die suurlemoensap in ‘n kastrol en voeg die lemoenskil by. Klits die mielieblom by en voeg die water by. Bring tot kookpunt terwyl jy aanhoudend roer totdat die mengsel begin dik word. Haal van die hitte af en klits die suiker en eiergele by. Sit dit weer terug op die stoofplaat vir ‘n minuut of twee. Haal van die hitte af en giet die mengsel in die tertdoppies. Verlaag die oondtemperatuur tot 150˚C. Klits die eierwitte totdat dit stywe puntjies maak en klits dan die strooisuiker eetlepel vir eetlepel by totdat die mengsel dik en blink is. Skep die merikngue oor die vulsel in die tertdoppies en maak swierige krulle met die agterkant van ‘n lepel. Bak in die oond vir 15 – 20 minute. Bedien warm of koud.
Wednesday September 28 2011 06:03 PM
|
Comments (4)
oor die heining -- spinasietert
Ek raak nou heel voorstedelik. Ek het Sondag twee ete-uitnodigings van die hand gewys om in die tuin te werk. Ek en my buurvrou gesels elke oggend oor die heining en ek was nou die aand by haar seuntjies se skoolkonsert.
Maar ek het lanklaas so geanker gevoel, miskien deels omdat ek nader aan die aarde woon en nie op ‘n verdieping waar ek op die balkon moet tuinmaak nie. Die ander is omdat ek nie ‘n tuin vol stilte om my het nie maar die geluide van lewe en die alledaagse wat voor my afspeel.
Soggens hoor ek hoe die seuntjies langsaan lag en gesels op pad by die deur uit om skool toe te gaan. In die park voor my stap mense met hul honde en die fikses draf die bult uit.
Ek het kop en hart verloor – dit het my heel onverwags bekruip . . . En ek moet erken dit het my ietwat van balans gegooi. Maar nou haal ek die mooi uit elke oomblik en laat dit my lewe verryk sonder om te tob oor wat vorentoe gaan gebeur.
En na ‘n aantal groeipyne en ‘n paar vuurdope begin my droomwerk ook nou vir my meer van ‘n werklikheid word – met sy oppe en affe en al. My skedule begin sin maak en so tussen die moet-kokery deur maak ek weer tyd vir kook-vir-die-lekkerte.
My groenteman het vir my lekker spinasie gebring en ek moes net eenvoudig ‘n plan maak met die groen weelde:
Jy het nodig
500 g vars spinasie (nadat die wit stukke weggesny is), gesnipper
4 x 250 g houertjies gladde maaskaas
5 eiers
2 eetlepels vars gekapte dille of 1 eetlepel droog
Sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
‘n handvol kersietamaties, gehalveer
1 koppie gekrummelde fetakaas
So maak mens
Maak jou spinasie goed droog. Plaas dit in ‘n groot mengbak saam met die maaskaas, eiers, dille, sout en peper en meng goed. Giet dit in ‘n 3 liter oondvaste bak Sprinkel die fetakaas bo-oor en rangskik die tamatiehelftes met die oop kant na bo bo-op. Bak vir ongeveer ‘n uur of totdat dit gestol en effe ligbruin bo-op is. Jy kan dit warm of koud eet en dit maak ‘n heerlike ligte middagete saam met ‘n kraakvars slaai en ‘n stukkie growwebrood.
Wednesday September 28 2011 06:43 AM
|
Comments (4)
Archives
October 2011 (1)
|
September 2011 (4)
|
August 2011 (3)
|
July 2011 (1)
|
June 2011 (2)
|
February 2011 (2)
|
December 2010 (4)
|
November 2010 (2)
|
October 2010 (2)
|
September 2010 (4)
|
August 2010 (1)
|
June 2010 (1)
|
May 2010 (3)
|
April 2010 (2)
|
January 2010 (2)
|
December 2009 (1)
|
November 2009 (1)
|
October 2009 (4)
|
September 2009 (6)
|
August 2009 (7)
|
July 2009 (2)
|
June 2009 (4)
|
May 2009 (4)
|
April 2009 (1)
|
March 2009 (11)
|
February 2009 (10)
|
January 2009 (8)
|
December 2008 (2)
|
November 2008 (6)
|
October 2008 (10)
|
September 2008 (9)
|
August 2008 (8)
|
July 2008 (11)
|
June 2008 (14)
|
May 2008 (12)
|
April 2008 (11)
|
March 2008 (10)
|
February 2008 (14)
|
January 2008 (20)
|
December 2007 (8)
|
November 2007 (30)
|
October 2007 (47)
|
September 2007 (44)
|
August 2007 (32)
|
(c) 1998 - 2012 MWEB Blogspace. All rights reserved.
Legal Notices
|
Contact Us
|
Safe Surfing