Hallo daar tjommas en hier volg die nuutste nuus:
NEW KID ON THE (CHOPPING) BLOCK
Die nuwe website is uiteindelik klaar en glinster soos ‘n dou druppeltje op die digitale spinnerak (fok, ek moet hierdie metafoortjie aan de Kat gaan verkoop!)..
Die nuwe website is baie zen en sonder enige flash wizardry maar ons wil voortaan meer fokus op informasie. Die site het selfs ‘n engelse mirror maar vir nou kan ons egter nie die ander 9 amptelike tale van Suid Afrika ook akkomodeer nie. Jammer, ouens maar ons sal dit doen sodra Mandoza ‘n afrikaanse mirror van sy site het.
Daar is twee tunes op die website wat vir ‘n beperkte tyd beskikbaar gaan wees om te download.
United States of the World is ‘n huldeblyk aan daardie groot moderne Cowboy: Mnr George W Bush en Psycedelic Ossewa is een van die eerste TN tunes wat die lig gesien het. Dit sal slegs vir ‘n beperkte tyd beskikbaar wees so sit julle beste oogklappe en bandenas op en gaan download dit!
O Ja, julle soek seker die nuwe website se url: www.thysnywerheid.co.za
POTGOOI
Nee, potgooi is nie ‘n nuwe Cape Flats term vir dagga rook nie maar wel ‘n afrikaanse term vir die populere “podcasting” konsep wat deur I-pod bekend gestel is. Machiel en Charlene was so gaaf om ‘n onderhoud met Thys Nywerheid toe te staan vir die nuutste uitsending van hulle potgooi. Kry dit gerus hier: www.potgooi.com
THYS NYWERHEID WORD LEWENDIG
Net soos wat die blou feetjie Pinnochio lewendig gemaak het gaan ons ook nou vir Thys Nywerheid lewendig maak. Ons het ‘n lekker span musikante bymekaar geskraap om TN in ‘n live band te omskep. Ons werk hard en sal in die tweede helfde van 2006 begin optree. Anders as Pinnochio egter, gaan ons neuse nie groei as ons kakpraat nie…..
Dis dan dit vir nou!
Mag julle hartjies julle warm hou in die komende winter
TN