Vanmiddag het ek ervaar dat die totale hele onmeetlike heelal teen my is.
En hoekom?
Net omdat ek besluit het vandag is die dag wat los rafels wat orals deur my bestaan geweef le, bietjie reggesien moet word.
Die dag het relatief goed begin, miskien omdat my bouer my liefies ingelig het dat hulle die week gaan klaar maak.
Hoewel my bineste ‘n stille vreugdevolle gallop gegee het, het die rieele ekke baie goed besef dat daardie stelling nie ‘n kans het om waar te wees nie, want hoewel die groot goed alles nou redelik aangespreek is, hoef ek net een kyk om my te gee om te besef dat daar nog ‘n triljoen afwerkinkies is waaraan aandag gegee sal moet word, voordat ek my bouer finaal kan groet. Maar ek besluit toe dat ek maar vir die oomblik die vreugde sal koester en hom op die oog af sal laat dink dat ek hom glo... net so terwille van my eie selfbehoud ook.
By die kantoor aangekom, is dit ‘n aanhoudende in en uitstroom van studente wat nog vir oulaas hul lot wil kom probeer verbeter voordat die prediepunt toegeslaan word en so groei daar so ‘n effense spatseltjie van ongeduld iewers ver weg in my agterkop omdat daar baie anner rafeltjies op my lessenaar rondle wat hulle longe stilweg uitskreeu vir my aandag.
Maar steeds bly my smaail breed en hoor ek elkeen se storie met oonskynlike geduld aan. Teen middagete het ek darem al so hier en daar ‘n rafel uitgetrek en afgerond, verstaan my mooi, nie soveel soos ek wou nie, maar met ‘n oop gemoed besluit ek dit was genoeg om voor dankbaar te wees.
En boonop is Woensdae, Ouma se kosmaakdag, waarop sy ons bederf met ‘n lekker gekookte middagmaal. En gistermiddag, het sy en hoofsaaklik getroue ou Maria, meeste van haar kombuisgoedjies oorgetrek na die nuwe plekkie wat ek in my huis vir haar ingerig het. Dit het beteken dat ons vir die eerste keer in 4 maande weer behoorlik om ‘n tafel kon sit en ons kos kon verorber en verteer sonder om iewers met een boud aan ‘n stoel wat iewers op ‘n ongemaklike hoekie tussen al die ander ongemaklike meubels ballanseer is, te hang.
Die los rafels na middagete het behels dat ek my nuwe ID boek wat al van Junie maand af vir my le en wag wou gaan red uit Binnelandse sake se liaseerkabinette uit, voor hulle moed opgee en besluit ek bestaan nie meer nie. Ek het per slot van rekening al verskeie dreig smse gekry wat waarsku dat boekie dalk alweer op pad terug Petoors toe kan wees. En so het ek ookal ‘n week terug ‘n ‘n bank SMS gekry wat my maan om my nuwe kredietkaart by ‘n spesiefieke tak te gaan afhaal en ‘n poskantoorstrokie rafel le al vir weke en wag dat ek ‘n verassingspakkie daar moet gaan afhaal. Siende dat die meeste van die plekke hulle nie op ‘n gereelde basis iewers langs my gebaande roetes bevind nie, wou ek alles sommer met een rond en bont ryery ‘n nekslag toedien.
Maar net toe ek my ryperd wou bestyg, kom die eentand oupa verfwer na my en my motor aangeskuifel en deel my mee dat die manne sê die plafonbord is op en daars nog groot gate wat toegemaak moet word. Irritasie metertjie se wysertjie roer ietwat ongeduldig die groen diep in. Die dak en plafon was nou die twee aspekke waar ek van profesionele kalante gebruik gemaak het om die hoeveelhede te beraam en beide die twee aspekte skyn of ‘n tekort of ‘n oorskot van material op te lewer.
Maar ek stap terug, gaan maak ‘n op die oog afberaming van wat nog kort en klim nou heel blymoedig terug in my ryperd en kies koers na binnelandse sake wat deesdae daar doer iewers ver in die township gelee is, reeds opgegear om geduldig te wees want ons almal weet mos wat mens daar te wagte kan wees. Verassing, daars ek tweede in die ry en tjoef tjaf is my groen boekie en ek verenig en is ek weer die trotse eienaar van ‘n identiteit. So, vol moed durf ek die pad boumateriaalplek toe aan. Gewoontlik is ek aan my eie lot oorgelaat om te dwaal en te soek na items wat my boudag kan maak of breek. Maar nee, vandag is daar ‘n wysneus omie ( SIES MD – hy het goed bedoel!!!!) wat vir alles wat ek wil he ‘n beter voorstel het van wat sal werk. Geduldig humour ek hom in die hoop dat hy sy eie koers mettertyd sal inslaan sodat ek my eie kop kan volg, maar nee, drentel sal hy drentel, totdat ek hom naderhand moedeloos gedrentel het.
Volgende ‘n waagmoedige foonoproep huis toe om tervergeefs mates te probeer kry van afstande tussen balke en lentes van dakkappe. Die huisfoon word van een na die ander aangegee en die een verstaan minder wat ek wil he as die ander totdat my bediende my einde ten laaste meedeel dat hulle eers een van die ander geeste wat more weer sy opwagting by die bou projek sal maak nodig het om vir hulle te kan meet. Teen die tyd is ek sommer al mooi moerig en intussen werk my selfoon ook in ‘n komplot teen my, deur kort kort met ‘n irreterende piepgeluid te kenne te gee dat hy nou moet gelewe is. Dus bousending onafgehandel is die bank die volgende opsie, want per slot van rekening is hulle deurtjies net vir beperkte ure oop. So gaan ek deur die proses van parkeerpek soek deur, en vir die eerste keer in ‘n baie lang tyd sien ek weer die binnekant van ‘n bank.
Na 15 min van toustaan is ek uiteindelik aan die beurt, maar o wee – die beloofde kredietkaart kan nerens opgespoor word nie. Wat het die epos gese? Is ek seker ek is by die regte tak? En toe ek triomfanklik die boodskappie vir hulle wil wys.... geen samewerking van my foontjie se kant af nie. Dis so al asof hy vir my tonguit steek en se;
Jy wou mos vandag al die rafels uitsorteer en rafels mag nie binne ‘n dag uitgesorteer kan word nie so pe... ek is pap en gedaan! Kom ons kyk of hierdie bankmense jou gaan glo sonder my wyse woorde... en met die sit hy elke keer net mooi as ek die ‘message’ knoppie druk sy gesiggie af en laat my met ‘n gefrustreerde onbeantwoorde vraag.
Einde ten laaste begin ek toe wonder of hy nie dalk gese het ek moet dit by die poskantoor gaan afhaal nie en dit verklaar dalk die verrassings pakkie wat daar vir my le en wag... So poskantoor, hier kom ek, maar siende dat my kantoor tussen my huidige gps possisie en die poskantoor se geografiese ligging gelee is, besluit ek toe maar om die middag vaarwel toe te roep en sommer my goed op kantoor te gaan opraap en via die poskantoor huis toe te ry. By die poskantoor gekom ontdek ek dat die srtokie met die uitnodiging vir ‘n pakkie skoonveld is. Ek probeer toe maar kyk of ek nie iets daarsonder uitgerig kan kry nie, maar neeeeee, toonbank dame versker my dat daar heeltemal te veel pakkies is om sommer so bloots sonder ‘n strokie deur hulle te soek, en my aanbieding dat ek die soekwerk sal doen , haal my ‘n baie ongewensde gesigsuitdrukking van toonbankdame op die hals. So maar weer omdraai, met die besef dat die heelal vanmiddag teen my gekant is.
So van al die los rafels vir die mddag, is ek net een afgehandelde rafel, ‘n klomp frustrasie en die vooruitsig van nog ‘n losrafel middag wat iewers ingeruim sal moet word in die vooruitsig, ryker!
En ja.... nadat my selfoon se brein met ‘n bietjie krag beloon is vertoon hy toe wel ewe selfvoldaan per boodskap aan dat die kredietkaart wel veronderstel is om by die gegewe tak vir my te le en wag- dus sal die misterie van die onsigbare kaart nog verder ontrafel moet word, wat seker nog ‘n middag se tyd maan toe sal laat vlieg!!!