Kom nou net van 'n koffie uitstappie saam met RC af in reaksie op die onderstaande woordjies wat ek vir hom ge-epos het!!!
A professor stood before his philosophy class and had some items in front of him.
When the class began, wordlessly, he picked up a very large and empty mayonnaise jar and started to fill it with golf balls. He then asked the students if the jar was full. They agreed that it was.
The professor then picked up a box of pebbles and poured it into the jar. He shook the jar lightly. The pebbles rolled into the open areas between the golf balls. He then asked the students again if the jar was full. They agreed it was.
The professor next picked up a box of sand and poured it into the jar. Of course, the sand filled up everything else. He asked once more if the jar was full. The students responded with an unanimous 'yes'.
The professor then produced two cups of coffee from under the table and poured the entire contents into the jar, effectively filling the empty space between the sand. The students laughed.
'Now', said the professor, as the laughter subsided, 'I want you to recognize that this jar represents your life.
The golf balls are the important things - spirituality, family, children, health, friends, and favourite passions. Things that if everything else was lost and only they remained, your life would still be full.
The pebbles are the things that matter like your job, house, and car. The sand is everything else - the small stuff'.
'If you put the sand into the jar first', he continued, 'there is no room for the pebbles or the golf balls. The same goes for life. If you spend all your time and energy on the small stuff, you will never have room for the things that are important to you'.
Pay attention to the things that are critical to your happiness.
Play with your children.
Take time to get medical checkups.
Take your partner out to dinner.
There will always be time to clean the house and fix the dripping tap. Take care of the golf balls first -- The things that really matter. Set your priorities. The rest is just sand.'
One of the students raised her hand and inquired what the coffee represented. The professor smiled. 'I'm glad you asked. It just goes to show you that no matter how full your life may seem, there's always room for a couple of cups of coffee with a friend.'
Lekker naweek!
|
Sjjjjjoeeeeee!! Groot sug van verligting.... Vir ‘n paar dae loop ek al met so ‘n ietwat geirreteerde gevoel met myself rond.... ek is onvergenoegd met myself, vermaan myself, kritiseer myself verwens myself... Hoe kan ek soooo ongevoelig wees? Maar die gevoel wil maar net nie wyk nie. Ek wil glo, maar ek wil ook nie. Ek probeer subtiel bewyse van ‘n bestaan, van ‘n stem, van ‘n beeld van ‘n ware tasbare wese in my konkrete wereld ingewerk kry maar hier iewers binne my knaag ’n sweem van wantroue. Ek, die persoon wat mense so maklik vertrou!
Ek laat my gedagtes gaan na blog vriende en kennisse wat met die jare my weg in die blogruimtes gekruis het en verstom my oor die beelde wat ek van elkeen gevorm het en die innerlike gevoel wat elkeen al by my opgewerk het en ek kan nie help om soms stilweg te glimlag en soms met ‘n ligte frons die gevoelens te probeer evalueer nie. En vind verbaas dat die unieke gevoel wat elkeen veroorsaak onmoontlik is om in woorde op papier neer te pen. Dis net daar vir ‘n vlietende oomblik, amper iets soos.... ‘n smaak, ‘n reuk , ‘n gut feeling.
Na die nuus van D oorweeg ek om ‘n blog te skryf oor hoe ons lewens in die kuberruimtes verweef word met die van ander, van ‘n aanvanklike skugter bewerige eerste tree in die kuberruimtes in, bang dat jy dalk iemand se ruimte gaan belemmer of op denkbeeldige kubertone gaan trap, al gaandeweg meer kordaat en lateraan met die waagmoed om sommige as vriende... nee naderhand as geliefde vriende te ervaar. En siedaar voor jy jou oe uitvee dink jy jy weet alles van daai ‘denbeeldige persoon’ af en maak aannames wat jy dalk nie eers in die ware lewe oor vriende en kennisse sal maak nie.
Maar op grond waarvan....
Meestal die woorde, aanhalings, grappies, vertellings, gedigte, kritiese verlaggewing, foto’s, komiese evaluerings wat elkeen so op sy eie unieke manier op die blogs verhaal. Weliswaar tref mens dit gelukkig om hier en daar die gedagtebeeld te versoen met ‘n karakter van vlees en bloed en dis hier waar ek agtergekom het dat my vreemde smaak/reuk/gut feeling, meer om die lyf het as wat ek aanvanklik gedink het.
Die dat die tragiese nuus van Debonair my verward en ontsteld gelaat het. Iets wou net nie vir my strook nie. My gut se geur en smaak was net nie reg nie. In ‘n tyd wat ek met deernis vir iemand in nood moes bid, het ‘n saadjie van wantroue my grysstof gekrap. Die skielike swangerskap... die trekery na Brazilie.... die skietongeluk, dit tesame met ‘n paar voorafgaande ‘near death experiences’ het so al vir my die geur van ‘n afsluit, toemaak, agterlaat gegee, met die logiese gevolgtrekking dat Deb dalk eerder van ons en sy blog verpligting ontsla wou raak, as die tydelike met die ewige te verwissel.
Iets omtrent die hele aangeleentheid het daardie plastiese gevoel gehad in teenstelling met Asjas se afterwe al amper twee jaar terug.
Daarom die diep sug van verligting aan die begin van my blog, want toe ek vandag vlugtig deur die blogs blaai, kom ek op Jannas se ontboesening af en daarmee kon ek al my skuldgevoelens die nekslag toedien. My gut het gepraat, my gut het die waarheid in my oor gefluister, maar ek kon net nie my kop daarom kry dat iemand in so ‘n droomwereld kan leef dat hy traumatise omstandighede kan gebruik om uit te tree nie.... .
En vir Jannas... moenie jouself verwyt nie!!! Deb en sy... hulle het gewis gebed nodig, baie meer as wat ons dalk ooit besef het en gelukkig is die Heilige Gees daar om ons gebede reg te stel en vlekloos voor die aangesig van ons Hemelse Vader neer te le.
En ek het weereens geleer, my geliefde vriend, “gut feeling”..... Ek moet al meer op hom vertrou, want ek glo dis niks minder as die Heilige Gees wat mens onder alle omstandighede die weg wil wys... dis nou as ons wil luister....
Shalom!
|
Ietsie na aan die hart wat ek vandag ontvang het....
A poorly dressed lady with a look of defeat on her face, walked into a grocery store. She approached the owner of the store in a most humble manner and asked if he would let her charge a few groceries.
She softly explained that her husband was very ill and unable to work, they had seven children and they needed food.
John Longhouse, the grocer, scoffed at her and requested that she leave his store at once.
Visualizing the family needs, she said: "Please, sir! I will bring you the money just as soon as I can."
John told her he could not give her credit, since she did not have a charge account at his store.
Standing beside the counter was a customer! who overheard the conversation between the two. The customer walked forward and told the grocer that he would stand good for whatever she needed for her family.
The grocer said in a very reluctant voice, "Do you have a grocery list?"
Louise replied, "Yes sir." "O. K." he said, "put your grocery list on the scales and whatever your grocery list weighs, I will give you that amount in groceries."
Louise, hesitated a moment with a bowed head, then she reached into her purse and took out a piece of paper and scribbled something on it. She then laid the piece of paper on the scale carefully with her head still bowed.
The eyes of the grocer and the customer showed amazement when the scales went down and stayed down.
The grocer, staring at the scales, turned slowly to the customer and said begrudgingly, "I can't believe it."
The customer smiled and the grocer started putting the groceries on the other side of the scales. The scale did not balance so he continued to put more and more groceries on them until the scales would hold no more.
The grocer stood there in utter disgust. Finally, he grabbed the piece of paper from the scales and looked at it with greater amazement.
It was not a grocery list, it was a prayer, which said:
"Dear Lord, you know my needs and I am leaving this in your hands."
The grocer gave her the groceries that he had gathered and stood in stunned silence.
Louise thanked him and left the store. The other customer handed a fifty-dollar bill to the grocer and said;
"It was worth every penny of it. Only God Knows how much a prayer weighs."
May He provide in all your needs today!
|
2010: Hier met volle oorgawe en waar ek vanmddag angstig sus se terugkoms by die huis sit en afwag, wel wetende dat haar teenwoordigheid weer totale gaos in my onmiddelike bestaan gaan veroorsaak, sit ek so bietjie en terugdink aan die afgelope maand se vakansie en kers/ nuwejaarsgety en alles wat daarmee gepaard gegaan het.
Jip, het die 4de Desember al die kantoor vaarwel toegeroep... dis nou as die paar daggies van toe af wat ek bosluishulpkrete moes gaan besweer en kantoor en labbesoeke ingepas het nie tel nie. Grootliks omdat my boubaba nog nie sy finale volwasse skoene kon aantrek nie en ek, met die getroue ondersteuning en vrywillige slawe arbeid van RC ( die man verdien ‘n medalje vir selfkastyding in belang van ander – dis nou ek) in selfdoenaksie oorgegaan het om sommige take sover as moontlik na volwassenheid aan te help. My arme tuinjong was die ander siel wat hierdie tyd sekerlik stilweg as die swartste in sy 6 maande onder ‘my command’ ervaar het, want tyd vir lyf wegsteek was daar nie as madam sy aan sy met hom klippe, grond, gruis en wat nog alles verskuif, hom leer om sement aan te maak en vloere te gooi, en ‘n wilde woesterny tuingewys na ‘n nuwe lus vir die oog (dink dit gaan nog ‘n tydtje neem voordat my oog instemmend saam sal knik) moet probeer omtower nie!! En hierdie ‘madam’ het baie spesiefieke idees van wat sy wil he en soms kon ou Sam nie so goed kop wat nou alweer in hierdie ietwat ongebalanseerde vrou se kop aangaan nie en moes madam maar weer inspring en spit en ploeg ( ja, dit gebeur nie net in Farmville nie en is boonop nie so maklik soos daar nie!!!). Maar gewillig was hy gewillig.
Met Boet se koms ‘n week later, was sy kamer darem weer sy kamer en het die meubelstukkies in my huis weer elk sy eie besondere staanplekkie gevind, nieteenstaande die feit dat daar nog orals, vloerlyste kort en vensterbanke geverf moes word nie. Hy en sus kon egter net bietjie meer as ‘n week in die teenwoordigheid van hul busybody ma en die bedrywige huis/werks omgewing uithou, voordat hulle solank die voorhoede gevorm het vir ons Kersuittog na Hogsback toe om daar rus en vrede vir ‘n 2009 oorwerkte lyf en psige te gaan vind.
Al genade was toe maar om ‘n teelman nader te hark om die uitgooi van matte en le van teels in die ou-nuwe woonstel/gastehuis in wording te bewerkstellig en OUPA verwer( letterlik seker 70 jaar oud, stadig, MAAR deeglik) in te roep om die nodige kleur aan te wend om toekomstige gaste in rustige kalmte te verwekom.
So ja, as enige van julle ‘n ‘blaaskansie ‘ in ‘Maanrus’ op pad van daar tot iewers anders nodig het, hopelik sal die nessie nog iewers hierdie jaar ‘n vlak van gereedheid bereik wat versoenbaar is met gaste!
Steeds nie klaar teen die 23ste nie, moes ons maar halt roep om ‘n welverdiende blaaskans op die berg te gaan aandurf. Dit en ja, ek was verantwoordelik vir ten minste een skaapboud wat oukersaand op die tafel as deel van die feesmaal moes verskyn vir die menigtes wat daar gaan rus het. En watter vooreg was dit nie om as familie en vriende, 19 altesaam, aan die feestafel te kon aansit in afwagting tot Kersdag en die herdenking van on Heer Jesus se geboorte nie.
En die geskenke... wel dis ‘n ander verhaal!!!!
Het myself die reg toegeeien om tot die 30ste in die rustige samesyn daar in die mis en newels van Hoggies deur tebring, voordat ek myself met moeite losgeskeur het en teruggehaas het na die verdere afronding van boufase 1 voordat die laaste son op 2009 gesak het.
En hier is ons nou, 2010, en more terug na die normale lewe van werk en jaag en besig wees met dit wat elkeen van ons se lewens aanmekaar hou. En ek hoop dat julle ook met nuwe hoop en nuwe insigte jul 2010 aan die aanpak is!!
|
Sjoe, ons het sopas ‘n wilde woeste wolkbreuk hier in Bloemies beleef. En daarmee saam het my hartklop amper die gedreun van die donderweer oortref in my angs dat my tuin net dalkies saam met al die nuwe gruis klippies, met die vinnigvormende rivier in my voortuin, deur my voordeur en dwardeur my huis gespoel gaan kom.
Want sien, dit was een van die groot gevegte wat ek en bouer se mense gehad het. Siende dat my erf beide van die straat en die sykant skuins na onder na pondokkie se rigting val, het ek , gelukkig so, heeltyd voor oe gehou dat daar iets met die afvoer van potensiele massas water gedoen sal moet word. Op my irreterende aandrang is daar toe ‘n netwerk pype onder deur stoepe en al met die val van die erf aangele en was die heel laaste geveg en aksie nog die regstel van die afloop wat gevaarlik sterk na my spik splinternuwe voordeur se kant toe geneig het, met ‘n aflooppyp wat omtrent gelyk met genoemde voordeur eers ‘n heenkome vir die water bied.
En is die sisteem nie beproef nie!!!
En die goeie nuus is... geen rivier het deur my voordeur gespoel gekom nie hoewel dit gelyk het of my huis die hawe verlaat het en die see ingevaar het, maar.... terwyl ek myself sommer nog so selfvoldaan amper op die skouer wou klop, klink die sprankelende geluid van watervalletjies in my ore op en toe ek my van die voordeur af losskeur en om die hoek loer sien ek die prentjie van die TV storie deur die waas van stromend water vanuit die plafon.... O wee! Mens kan nie wen nie... Gelukkig het die betowerende valletjie voor en nie op my TV en elektronies apparaatjies neergeplons gekom... reg oor die las waar die nuwe aanbouing se dakkie geheg is....
En natuurlik sal geen bouer nou meer sy verskyning maak om sy fout te kom erken nie!!!
En verder was dit gelukkig die enigste waterval wat aangemeld het, dus moet die res van die aanbouing seker ‘n regmerkie kry. Want ‘n erger beproewing as vanmiddag se reenervaring, sal seker nie maklik weer gou hier verbybeweeg nie... of altans ek hoop nie so nie!!!
|
|