Afrikaans net na die Engels.
How great and powerful is your God?
According to Rom 4: 17 he is “the God who gives life to the dead and calls things that are not, as though they were.”
Our God gave life to Jesus when he died on the cross. Our God called everything that exists out of nothing. We agree with Rom 4: 21 that we are “being fully persuaded that God has power to do what he had promised.”
Faith in a great, almighty God accomplishes a number of important things for a Christian.
1. Faith teaches us. It grows us toward maturity. It builds us up and makes us stronger. As we exercise our faith, our faith grows.
2. Faith also exalts God. It glorifies his greatness. By trusting in God we are visibly expressing our confidence in his majesty.
3. Faith grasps the truth of God's word. Trusting in God brings us to the point where we are enlightened and fully persuaded of the Gospel truth in the Bible.
4. Faith enables us. It gives us possession of God’s promises. Faith expects from our God everything that Jesus died for and was raised from the dead to give to God’s children!
I know that the greatness and power of my God fully and completely compensates for my weakness. Because of the Lord, even my little faith will grow, will glorify God, will grasp God’s promises and will enable me to own his assurance of salvation!
Bless the almighty God for granting life-giving faith to me. Thanks be to God who called faith into my empty life that I too may be filled with the strength of the resurrection of Jesus!
Hallelujah!
My life has a glorious purpose!
God is not only the creator of all things, but all things have been made to reflect the glory of God. The Bible tells us that when God created the world, everything was good. He also commissioned Adam and Eve, as stewards of his creation, to look after and care for everything God has made and loves. God gave it to them to enjoy the beauty and majesty of what he has made. God created the world for us to live in and get pleasure from, yet under God’s rule and in ways that bring only glory to him.
Psalm 8: 2- 8 takes it even further. God who is the creator of the wonderful universe has, most of all, you on his mind and cares for us even more than he cares for anything else he created. God has also given us, the human race, the highest place of honour and responsibility in his creation. Whilst the rest of creation serves God with complete obedience, it does so because it has no other choice. It was made to do so. But we as humans serve the Lord, because we use our free will to choose to live only for the honour of his glorious majesty.
Ps 8: 3 – 8: When I consider your heavens, the work of your fingers, the moon and the stars, which you have set in place, what is man that you are mindful of him, the son of man that you care for him? You made him a little lower than the heavenly beings and crowned him with glory and honour.
You made him ruler over the works of your hands; you put everything under his feet: all flocks and herds, and the beasts of the field, the birds of the air, and the fish of the sea, all that swim the paths of the seas.
God has created us, and our world, with a purpose. He loves our world. But the Lord loves us even more and gives purpose to our lives by gladly accepting our worship, praise, obedience and stewardship of everything that the he holds dear.
God has not left us to ourselves to discover the purpose of our lives. We are reminded that our lives are valuable, because God himself commissions us and through his expectations of us, he gives value to our lives.
You are more valuable to God than the entire universe. God, who declares his divine glory in all of his creation, here tells us that we are more valuable than everything else he has made. That means that as men and women made in the image of God, we reflect his glory more than everything else in all his creation. And we reflect his glory, because, through faith, we know that he is our Creator, our Father, our Redeemer and our Comforter.
Our Creator God and Saviour have given our lives purpose, meaning and value.
We find this purpose by gladly submitting to our calling to only live to the glory of God.
Whatever we do. Anywhere we go! Whatever the task is we are called to fulfil today.
It has meaning, because it reflects the glory, the majesty, the power, the holiness and mercy of our Lord! And God invites us to enjoy all of this, because he takes care of us!
Enjoy the last few weeks of 2009!
May God’s blessings surround you each day!
Love in Christ Jesus
Hoe groot is jou God en hoeveel krag het Hy?
Volgens Rom 4: 17 is dit Hy “wat die dode lewend maak en die dinge wat nie bestaan nie, roep asof hulle bestaan. (1953 vert.).”
Ons God het weer die lewe aan Jesus gegee toe Hy aan die kruis gesterf het. Hy roep alles wat bestaan uit niks nie. Ons stem saam met Rom 4: 21 dat ons “God mag het om te doen wat Hy beloof het”.
Geloof in ‘n groot, magtige God bereik lewensbelangrike dinge in die lewe van ‘n Christen.
1. Geloof onderrig ons. Dit bring ons tot volwassenheid. Dit bou ons op en maak ons sterker. Wanneer ons ons geloof gebruik, dan groei dit.
2. Geloof verheerlik God. Dit eer sy grootheid. Deur op God te vertrou verklaar ons op ‘n sigbare wyse ons verwagtinge van sy wonderlike majesteit.
3. Geloof verstaan die waarheid van God se woord. Deur op God te vertrou word ons verstand verlig sodat ons ten volle oortuig word van die waarheid van die Evangelie in die Bybel.
4. Geloof bemagtig ons. Deur geloof besit ons die beloftes van God. Geloof verwag van God alles waarvoor Jesus gesterf het en waarvoor Hy uit die dood opgestaan het.
Ek weet dat die grootheid en almag van my God ten volle vergoed vir my menslike swakheid. Dit is as gevolg van die Here dat selfs my klein geloof kan groei, die Here kan verheerlik, God se beloftes kan verstaan en my kan verseker van verlossing.
Dank die almagtige God wat lewegewende geloof aan my geskenk het. Prys God wat geloof in my leë lewe tot stand gebring het, sodat ek ook met die opstandingskrag van Jesus gevul kan word.
Halleluja!
My lewe het ‘n wonderlike doel!
God is nie net die Skepper van alles nie, maar het alles geskape om sy heerlikheid te vertoon. Die Bybel vertel dat alles wat God gemaak het baie goed was. Hy het ook vir Adam en Eva as rentmeesters aangestel om alles te versorg en te bestuur wat God gemaak het en lief het. God het dit vir hulle gegee, om die skoonheid en majesteit daarvan te geniet. God het hierdie wêreld vir ons gemaak, sodat ons dit onder sy hoë regering en volgens sy wil, sal geniet!
Psalm 8 neem hierdie waarheid selfs verder. God wat alles gemaak het, het vir ons, mense, meer as enige iets anders in gedagte gehad toe Hy besluit het om die skepping daar te stel, en het ons meer lief as enige iets anders wat Hy gemaak het. God het ook vir ons, die mense, die hoogste plek van eer en verantwoordelikheid in die skepping gegee. Terwyl die res van die skepping God gehoorsaam dien, word dit gedoen omdat dit geen ander keuse het nie. Dit is alles geskape om aan God gehoorsaam te wees. Maar ons mense dien die Here omdat ons met ons vrye wil besluit om sy heerlike majesteit te vereer.
Ps 8: 3 – 8: As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre wat U toeberei het -- wat is die mens dat U aan hom dink, en die mensekind dat U hom besoek? U het hom 'n weinig minder gemaak as 'n goddelike wese en hom met eer en heerlikheid gekroon. U laat hom heers oor die werke van u hande; U het alles onder sy voete gestel:
skape en beeste, dié almal, en ook die diere van die veld, die voëls van die hemel en die visse van die see, wat trek deur die paaie van die see.
God het ons en ons wêreld met ‘n doel gemaak. Hy is lief vir ons wêreld, maar het ons nog liewer. Hy gee ‘n doel aan ons lewe deur graag ons aanbidding, lof, gehoorsaamheid en rentmeesterskap van alles wat vir Hom kosbaar is, te aanvaar.
God laat dit nie aan ons oor om die doel van ons lewens te vind nie. Ons word daaraan herinner dat ons lewens kosbaar is, omdat God ons aangestel het en sy hoë verwagtinge van ons, gee waarde aan ons lewe.
Jy het vir die Here meer waarde as alles wat Hy gemaak het. God, wat sy goddelike heerlikheid deur die hele skepping verkondig, sê ook dat ons meer waarde het as al die ander goed wat Hy gemaak het. As mans en vroue wat na die beeld van God gemaak is, vertoon ons sy heerlikheid meer as enige iets anders in sy skepping. En ons maak sy heerlikheid bekend omdat ons, deur geloof, weet dat Hy ons Skepper, ons Vader, Verlosser en Trooster is.
Ons Skepper God en Redder gee ‘n doel, waarde en betekenis aan ons lewens.
Ons vind dié betekenis as ons ons nederig aan sy roeping en wil onderwerp om net tot sy eer te lewe.
Wat ons ook al doen. Waarheen ons ook gaan. Watter taak ons ook vandag verrig, dit het betekenis, want dit verkondig die heerlikheid, majesteit, krag, heiligheid en barmhartigheid van ons Heer.
En God nooi ons om dit alles baie te geniet, want Hy sorg vir ons.
Geniet die laaste paar weke van 2009!
Mag God se seën jou elke dag omvou!
Liefde in Christus Jesus