Die Lewe is Wreed
(Van Debonair se gedig “Die Dood”)
Wanneer ek dink en alles uitsny, net sit en wonder
Oor absolute doellose dinge dan wandel my gedagtes
Altyd terug na die gebeure, na die tye, na alles wat
Verlore gegaan het, ek verlang, ek wens en my
Probeer om te vergeet is vrugteloos, want alles wandel
Terug na ’n punt, alles kom terug na die tye wat
Vermors is, alles kom terug na die tyd toe jy nog
Daar was, alles draai om ’n gebroke hart.
Lewe is wreed, vergewe is maklik,
Verwoes is die lewens in nog ’n familie,
Gebroke die harte van mense wat omgegee
Het, verswelg die liefde so onverstaanbaar,
Hoe ’n lewe gesteel is, maar was die
Skoot die hartseer werd?
Jy is die een wat daar was, word trane ooit
Minder? Word lewe dan maklik? Word daar
Ooit verstaan hoe seer die dood kan maak?
Oe wat blink met die verlating van ’n traan,
Angs met die wete dat jy verlore is. Donkerte
Oorwemel die sonskyn wat daar eers was.
Ek wil net se dankie vir alles, verlang so baie.
Alleen lê sy daar in die blink gepoleerde kis,
“Nou is sy weg” het nog ’n stem laat hoor.
Die werklikheid ’n droom? Of word wolke
Werklik so swart, verduister iets werklik die
Hart van ’n kind? Met blare wat ritsel is nog ’n
Hartjie verskeur in miljoene klein stukkies,
Die doelloosheid van die realiteit.
Elke droom verlore met die opgee van gedagtes,
Monsters wat haar oorgeneem het, die
Angs, die verdroefheid, die verlange wat daarop
Volg. God wees met haar, beskerm haar en
Laat almal weet hoe lief sy hulle gehad het,
Laat liefde die harte kan heelmaak, laat die
Foute nie teengehou sal word nie.
Maar al is die lewe so wreed en al raak vergifnis
So moeilik, kan die verwoesting van ’n lewe
Die sterkmaak van ’n wese oorwelm
Gebroke harte wat bloei na die liefde wat
Daar nooit was nie, hoe kan die lewe ’n geliefde
Steel, ’n hart beroof van iemand wat wel
Omgegee het is die donker skadu’s met die
Afwagting van die duiwel om ’n skoot in sy guns
Te laat tel.
Odette © 2008