Search   
  
 Syndication
 

 Statistics
 Entries (180)
 Comments (397)

 Archives
  January, 2007 (1)
  December, 2006 (2)
  November, 2006 (2)
  May, 2006 (1)
  December, 2005 (2)
  November, 2005 (4)
  October, 2005 (4)
  September, 2005 (3)
  August, 2005 (9)
  July, 2005 (15)
  June, 2005 (16)
  May, 2005 (22)
  April, 2005 (17)
  March, 2005 (21)
  February, 2005 (19)
  January, 2005 (21)
  December, 2004 (16)
  November, 2004 (5)

Petrol of Bier? 

'n Familielid van my vra my nou die dag oor die moontlikheid van etanol as alternatiewe brandstof. Hy is een van daai ongelukkige Boere wat nog regtig moet boer om 'n bestaan te kan voer en ek verstaan hulle trek regtig swaar onder die lae mielieprys. Ek besluit toe om sommer so vinnig 'n bietjie navorsing te doen oor die lewensvatbaarheid van die idee om etanol wat vanuit mielies verkry word te gebruik om brandstof te vervaardig.
Die bereken is as volg:

Produksiekoste van etanol

Mielieprys: R700/ton (Bietjie hoër geneem as prys op OTK se werf)
Etanol rendement: 300 liter/ton1

d.w.s Prys per massa van etanol = R2333.3/ton

d.w.s R2957.29 / m3

m.a.w. R2.96/liter


Wat ons nou volgende moet doen is om 'n regstelling te maak vir die verskil in Energiedigtheid van die petrol en etanol (alkohol).

Petrol se energiedigtheid = 44 MJ/kg

Digtheid van petrol = 0.74 kg/liter

d.w.s = 32.56 MJ/liter

Etanol se energiedigtheid=23.4 MJ/kg 2

d.w.s. 18.46 MJ/liter !!!

Dus bevat een liter petrol 1.76 meer keer energie as 'n liter etanol.

Dus is die energie-ekwivalente prys van etanol as dit met petrol vergelyk word R5.20/liter. Dis nou verspreidingskostes en die vervaardiger se winsgrens uitgesluit.

My gevolgtrekking - Kom ons suip liewer die goed!



1 Seungdo Kim and Bruce E. Dale, Allocation Procedure in Ethanol Production System from Corn Grain, Department of Chemical Engineering & Materials Science, Michigan State University



2The Physics Fact Book
Tuesday June 7 2005 01:19 PM

Post a Comment 

Comments
Mind blowing
taurus
Tuesday 7 June 2005 4:06 PM
Ek het altyd gedink die etanol sou goedkoper wees, aangesien ons so baie mielies het, maar na jou deuglike annalise kan ek net saam stem, kom ond drink liewer die goed


Reply to this Comment 

NB: You must Sign in to post comments. Click on the Sign Me In button to have your opinion heard.